Terug na Tuisblad

TESTAMENTE EN BESTORWE BOEDELS

TESTAMENTE

Wat gebeur as jy nie ‘n testament het nie?

Die Meester van die Hooggeregshof of ‘n Magistraat sal reel vir die aanstelling van ‘n eksekuteur vir u boedel na u sterwe:

v      Dit mag dalk iemand wees wat u nie sou goedkeur nie.

v      Hierdie proses kan ook ly tot vertraging van die afhandeling van u boedel en u geliefdes in finasiele nood laat.

v      Die verdeling van u bates sal op ‘n onbuigbare wyse (streng volgens wet) plaas vind, wat waarskynlik nie volgens u wense sal wees nie.

v      Komplikasies vir minderjariges kan ook intree, as hulle erfenis in die Voogdyfonds inbetaal moet word en nie na ‘n trust gaan nie.

 Hierdie is net ‘n paar van die redes hoekom ‘n geldige testament baie belangrik is!

 BESTORWE BOEDELS

v      Die bereddering van ‘n boedel is ‘n ingewikkelde proses wat deur ‘n kundige persoon hanteer moet word.

v      Die Meester van die Hooggeregshof sal nie enige persoon as ‘n Eksekuteur aanwys nie, tensy hy hulp van ‘n kundige persoon het wat as agent optree nie.

v      Verskeie prosedures moet gevolg word, asook dokumente wat moet voltooi word waarna dit by die Meester van die Hooggeregshof moet ingedien word.

 Ek streef daarna om persoonlike diens te gee en die boedel so spoedig moontlik af te handel aangesien dit in die langslewende en erfgename se beste belang is!

Terug na Tuisblad